Koos Kombuis - Lisa Se Klavier ------------------------------ G Em Ek het ‘n vriendin ver by die blou see G Teen die hang van Tafelberg Em As die son sak G Speel sy die mooiste melodi?e Haar vingers ken die pad opgesluit in wit en swart Die klavier se grootste vreugde hartseer en verlange verstaan die hart se diepste smart G Am Ja, die hele wereld word stil, en luister in die donker uur D Em Na die naggeluide van Lisa se Klavier En Lisa kannie ophou as sy eers begin het nie, En sy laat my nooit huistoe loop Of afskeid neem Voor my laaste sigaret nie Ek staan op haar balkon, ek drink haar appelkoostee Kyk uit na Kaapstad in die nag Die liggies, en die swart Swart see Ja, die hele wereld word stil, en luister in die donker uur Na die naggeluide van Lisa se Klavier Ja, die hele wereld word stil, en luister in die donker uur Na die naggeluide van Lisa se Klavier En onder op die sypaadjie Sien ek die bergie en sy maat Staan op en opkyk ver na bo Vannuit die vullis van Oranjestraat Hul ken al lank die klanke Wat uit haar woonstel stroom Lank na twaalf, met die deure oop Al moan die bure ookal hoe Word Lisa elke boemelaar se droom Woorde & musiek - Koos Kombuis www.kooskombuis.co.za Hallo daar almal. Jasper van Zyl en WP du Plessis (alombekend as die hoogs berugte Mr. P) aan die woord. Ons weet almal dat daar 'n MASSIEWE aanvraag na Afrikaanse kitaarmusiek op die internet is en daarom het ons besluit om hierdie KLAS tab op die internet te plaas. Moet ASSEBLIEF nie suinig wees as jy enige Afrikaanse kitaarliedjies ken en kan speel nie. ONS STEL BELANG. Jou medemens stel belang. Komaan, help die mense met kosvoorraad, donasies en kitaartabs. Ons het. Jy kan! E-mail my gerus by jaspervanzyl@mailbox.co.za vir enige terugvoer of vrae. Sien weer as die tyd reg is. Ons kan ongelukkig nie verantwoordelik gehou word vir enige teleurstelling, psigose, radioaktiewe vergifting of skaakspelnederlae wat met hierdie tab verbind kan word nie. Gaan kry nog gatskop Afrikaanse tabs by www.geocities.com/kitaarmykruis