G5 E5 Ek het 'n vriendin ver by die blou see G5 Teen die hang van Tafelberg E5 As die son sak G5 Speel sy die mooiste melodi?e Haar vingers ken die pad opgesluit in wit en swart Die klavier se grootste vreugde hartseer en verlange verstaan die hart se diepste smart G5 A5 Ja, die hele wereld word stil, en luister in die donker uur D5 E5 Na die naggeluide van Lisa se Klavier En Lisa kannie ophou as sy eers begin het nie, En sy laat my nooit huistoe loop Of afskeid neem Voor my laaste sigaret nie Ek staan op haar balkon, ek drink haar appelkoostee Kyk uit na Kaapstad in die nag Die liggies, en die swart Swart see Ja, die hele wereld word stil, en luister in die donker uur Na die naggeluide van Lisa se Klavier Ja, die hele wereld word stil, en luister in die donker uur Na die naggeluide van Lisa se Klavier En onder op die sypaadjie Sien ek die bergie en sy maat Staan op en opkyk ver na bo Vannuit die vullis van Oranjestraat Hul ken al lank die klanke Wat uit haar woonstel stroom Lank na twaalf, met die deure oop Al moan die bure ookal hoe Word Lisa elke boemelaar se droom